Te Huur
In die pragtige kusdorpie Costa del Silencio op die Eiland Tenerife, deel van die Kanariese Eilande, kan u ons gerieflike woonstel huur. Hieronder vind u enige inligting omtrent die woonstel en ook wat foto's van die omgewing. As u hier u vakansie wil gaan hou, ga naar die Reservering webblad.
Die woonstel behoort aan Suid-Afrikaners.
Die Woonstel
Die woonstel is ongeveer 400 meter van die see, dit het twee groot slaapkamers, een gerieflike badkamer en een moderne kombuis. Die woonstel is volledig gemeubileer en is voorsien van HSTV. Daar is beddens vir zes mense.
Die woonstel se grootte is ongeveer 80m2. Dit het 'n groot balkon met uitsig oor die gemeenskaplike swembad en oor die berge. Die woonstel is redelik nuut en is baie netjies onderhou.
Costa del Silencio
is ongeveer 8km van Play de las Americas en Los Christianos. Die mooi strand is by Las Galletas, op ongeveer 800 meter afstand van Isis.
Hierdie gebied is gewild vir visvang.
Daar is 'n winkelsentrum met supermark, poskantoor en restaurante op ongeveer 100 meter van Isis.
Daar is verskeidene wandelpaaie in hierdie aantreklike gebied.
Er is genoeg privaat parkeerplek by die woonstel.
Costa del Silencio is ongeveer 8km van die lughawe.
Isos is naby die hoofpaaie, vervoer van die lughawe naar die woonstel (en terug) kos ongeveer 15 euro. Busvervoer is ook beskikbaar, die bushalte is naby die woonstel.
Ons kan help as u 'n kar wil huur.
Besienswaardighede
Aqualand Water Park
Teide National Park
Scuba diving
Tenerife Zoo
Parques Exotics
Whale and dolphin boat excursions
Loro Park
Golf courses
Las Aguilas Jungle Park
Camel Park |